Kladistiek

Kladistiek (van die Griekse κλάδος klados, "tak")[1] of filogenese is ’n benadering in wetenskaplike klassifikasie wat wegbeweeg van die tradisionele taksonomiese klassifikasie. Dit gebruik ’n stelsel waarin organismes saam gegroepeer word gebaseer op of hulle een of meer gedeelde unieke eienskappe het wat kom van die groep se laaste gemeenskaplike voorsaat en wat nie teenwoordig is in vroeëre voorsate nie. Die lede van een groep het dus vermoedelik ’n gemeenskaplike geskiedenis en word beskou as nader verwant.[2][3][4][5]

Die oorspronklike metodes wat in kladistiese ontledings gebruik word, en die skool van kladistiek wat daarop gevolg het, spruit uit die werk van die Duitse entomoloog Willi Hennig, wat daarna verwys het as filogeniese sistematiek (dit was ook die titel van sy 1966-boek). Die terme "kladistiek" en "klade" is deur ander wetenskaplikes gewild gemaak.

  1. "clade". Online Etymology Dictionary.
  2. Columbia Encyclopedia
  3. "Introduction to Cladistics" (in Engels). Ucmp.berkeley.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2020. Besoek op 6 Januarie 2014.
  4. Oxford Dictionary of English
  5. Oxford English Dictionary

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search